Connect met Ons

Ruimsig Gemeente is ’n plek waar mense van alle ouderdomme hul geloof as volgelinge van Jesus kan versterk.

Ons Dienste

Ons Dienste Ons dienste bied ruimte vir geestelike groei en ontdekking – ’n plek waar mense van alle ouderdomme hul geloof as volgelinge van Jesus kan versterk. Die wyse waarop ons aanbid is eenvoudig en toeganklik, sodat almal gemaklik kan deelneem. Ons preke fokus daarop om te wys hoe jy jou geloof in Jesus prakties in jou daaglikse lewe kan uitleef. Die atmosfeer tydens ons dienste is gemaklik en eg – nie ’n gestruktureerde program nie maar eerder ’n ruimte waar jy jouself kan wees en iets werklik kan beleef. Ons begeerte is dat jy die kern van elke diens sal saamneem en uitleef met die doel om te “connect” waar jy is, sodat jy elke dag, deur die werking van die Heilige Gees, bewus sal wees van God se teenwoordigheid in jou lewe.

Ons dienstye is van 9:00 tot 10:00 in Afrikaans en van 11:00 tot 12:00 in Engels.

Pastorale Dienste

As jy belangstel om in te skakel by Ruimsig Gemeente vul asseblief die onderstaande vorm in en stuur dit aan ons. Ons sal jou kontak en die proses van Lidmaatskap verduidelik.

Jy is outomaties lid van die universele kerk wanneer jy jou lewe vir Christus gee, maar elkeen van ons is verantwoordelik om self ’n keuse te maak waar ons by ’n plaaslike gemeente wil inskakel. Jy word lid van ’n plaaslike gemeente deur jouself te commit tot daardie gemeente.

Lidmaatskap

Leer Meer

Dit is die plek waar jy gaan liefhê en lief gehê word, dien en gedien word. ‘n Plek waar jy kan BEHOORT.

Vul die vorm in as jy meer oor Lidmaatskap wil uitvind

Kliek Hier

Doop

Leer Meer

Daar word twee keer per jaar geleentheid vir doop tydens ons eredienste gebied, maar as onmiddellik gedoop wil word, is jy welkom om die kerkkantoor te kontak.  Jy hoef nie ’n lidmaat by ons te wees nie, maar ’n doopgesprek vind plaas voordat persone gedoop word. 

Epos adres vir navrae: Wendy@ruimsig.com

Kindertoewyding

Leer Meer

Die inseën en doop van kinders vind gewoonlik plaas op die laaste Sondag van die maand tydens die 09:00-10:00 Erediens Spasie. Jy hoef nie ’n lidmaat by ons te wees om jou kinders toe te wy nie, maar ’n toewydingsgesprek vind plaas die voor die geleentheid waartydens die doel van die kindertoewyding bespreek word. Neem kennis dat daar ongelukkig beperkte plek per kindertoewyding beskikbaar is. Vul gerus die aansoek vir Kindertoewyding vorm in.

Epos adres vir navrae: Wendy@ruimsig.com

Troues

Leer Meer

Ons het ‘n toegewyde span wat gereed staan om jou te ondersteun.  Alhoewel hulle nie geregistreerde beraders is nie, is hulle toegerus met opleiding en ervaring om met algemene emosionele behoeftes te help en ‘n empatiese oor te bied.  Maak gerus ’n afspraak deur die vorm aanlyn in te vul.  Of epos te stuur aan embrace@ruismig.com

Begrafnisse

Leer Meer

Ons is hier om jou te ondersteun tydens ‘n baie moeilike tyd in jou lewe. Saam met een van ons Leraars kan ons jou help beplan aan die diens. Kontak gerus die kerkkantoor vir meer inligting.

Berading

Leer Meer

Die inseën en doop van kinders vind gewoonlik plaas op die laaste Sondag van die maand tydens die 09:00-10:00 Erediens Spasie. Jy hoef nie ’n lidmaat by ons te wees om jou kinders toe te wy nie, maar ’n toewydingsgesprek vind plaas die voor die geleentheid waartydens die doel van die kindertoewyding bespreek word. Neem kennis dat daar ongelukkig beperkte plek per kindertoewyding beskikbaar is. Vul gerus die aansoek vir Kindertoewyding vorm in.

Stuur e-pos na info@ruimsig.com

Ruimsig Hope Foundation

Ons staan bekend vir ons impakvolle uitreike.

Ruimsig Gemeente het sedert ons bestaan in 2001 die eerste 10% van die gemeente se inkomste aangewend vir uitreik projekte buite die gemeente.  Die finansies wat deur die gemeente vir uitreikprojekte geallokeer is, word deur “Ruimsig Hope Foundation” bestuur, wat ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie is.(Artikel 18A)

Uitreikprojekte wat finansiële ondersteuning maandeliks of per geleentheid ontvang:

Vir meer inligting kontak ons hier